Friday, 7 June 2013


Die sonskyn was heerlik, die lug pot blou, die stroom se water so helder soos dag lug. Ons was tien leerders. Lekker gesing en grappies gemaak. Ons het honger geword en gaan sit om kos te maak.

Op 'n voetslaan avontuur was " (2) two minute noodles" maar die beste. Om hierdie voedsel voor te berei moet ons die klein blou gasstoof aansteek, die pot op sit en maar geduldig wag tot dit klaar was. Twintig minute het al reeds verby gegaan maar ons het nog steeds gesit en gesels.

Toe ons weer kyk was dit pik donker. Ons was in die middel van nêrens. Ons het alle soorte geluide gehoor en ons het benoud geraak. Dit het weer soos 'n nagmerrie gevoel. Vir die tweede keer het ons verdwaal.

Ons het maar so aangestap tot ons by 'n hek gekom het. Na 'n uur het ons stemme gehoor, ja, ons was voor die rondawel se hek. Ons was so bly dat ons dadelik begin huil het (wel net my vriendin en ek). Almal het vir ons gelag maar ons was daarim veilig.

Daardie dag het ons mekaar belowe dat ons nooit weer alleen sal stap nie. Ons sal saam die span loop en luister as daar vir ons gese word om nie in klein groepies te stap nie. Onthou ongehoorsaamheid betaal 'n prys!

2 comments:

  1. *Lag* dis baie snaaks hoor.
    Dankie
    Xxx

    ReplyDelete
  2. Dis definitief nie 'n lekker gevoel om so te verdwaal nie!

    Let asb. op die volgende:

    1. potblou - een woord
    2. dag lug - daglig
    3. Jy spring rond tussen verlede en teenwoordige tyd.
    4. "voor te berei moet ons" - voor te berei, moes ons
    5. opsit - een woord
    6. verbygegaan- een woord
    7."daarim" - darem
    8."saam die span loop" - saam met die span
    9. gebruik ê vir sê (alt 136)

    ReplyDelete