Die beste manier om 'n rugsak te pak vir 'n voetslaan avontuur.
Baie mense dink dat wanneer jy jo rugsak pak vir 'n voetslaan avontuur, dat jy dit net kan pak soos jy wil, wel, dink weer. Daar is 'n sekere manier om dit te doen.
Ek het altyd my sak gepak soos ek wil en o- het ek gesukkel! Dit was verskriklik swaar. My onderwyser het gesien hoe swaar ek kry en het dadelik tot ny redding gekom. Hy het my uitgelag maar my nogtans gehelp. Ons het gestop,toe wys hy my die regte manier on die sak te pak.
Die sak was vreeslik groot, swaar en ongemaklik. Die sak her drie afdelings. Jou uitvangspunt is, wanneer jy nie weet wat kom in watter gedeelte nie. Die onderste gedeelte pak jy jou slaapsak, waslap en handdoek. Dit gee die sak balans. Dit dien ook goed as 'n rusplek vir wanneer jy moeg raak en wil ontspan.
Die middelste gedeelte pak jy jo toiletware, klere en kos. Vir jo toiletware sal jy nou toilet papier het maar haal die rolletjie in die middel uit. Die tandepaste se dosie gooi jy al by die huis weg. Dit is klein goedtjies wat jou sal ligter sal maak. Klere! (Ek kry sommer 'n hoofpyn.) Ja, ons almal wil mooi lyk maar op 'n kamp kyk niemand vir mekaar nie. So los maar die mooi klere by die huis. Al wat jy nodag het is drie sweetpakke, genoeg t-hemde en skoon onderklere. Kos! Jy gaan naar word na drie dae van al die "two minute noodles", tuna, mossels en ander soorte blikkieskos wat jy. Van hou. Maar onthou, al die blikkies maak die sak swaar.
Die derde afdeeling van die sak is waar jy jou noodhulptas moet pak. Dit is van kardinale belang dat jy dit moet het want enige iets kan gebeur. Jy pak ook klein eet goedtjies daar in vir energie. Skoon water moet altyd byderhand wees en powerade energie drankie word ook aan beveel.
Daar het hy dit nou, maak jou gereed, pak jou sak en gaan geniet jou eie avontuur!
Dankie vir jou wenke ek sal dit slaags probeer
ReplyDelete@ Romantiese boekwurm: Die woord slaags word slegs op die volgende wyse gebruik: Hulle het slaags geraak met mekaar, wat beteken dat hulle baklei het. Gebruik eerder "dadelik" of "onmiddellik".
DeleteEk het ook al baie swaar gedra aan 'n verkeerd gepakte rugsak!
ReplyDeleteLet asb. op die volgende:
1. "jo" - jou
2. "tot ny redding" - tot my redding
3. "on die rugsak" - om die rugsak
4. "her" - het
5. "uitvangspunt" - Die plek waar jy uitgevang word is
6. "die onderste gedeelte" - In die onderste gedeelte
7. "nodag" - nodig
8. "afdeeling" - afdeling