Friday, 21 June 2013

MY ERVARING MET DIE HELE "BLOG" STORIE.

Waar begin ek?  ek kan nog altyd nie glo ek “blog” nie.

Aan die begin toe ek hierdie opdrag kry was ek nogals bang, ek het gevra " is die vrou erenstig?".   My ma het dan altyd gesê jy stel jouself in die gevaar as jy op sosiale netwerke gaan.  Maar ek het vir myself gesê "Megan jy moet dit doen, dit is vir punte".   Dit het beteken dat ek geen keuse gehad het,  my onderwyser het hierdie ronte gewen.

Die proses het toe begin, ek was nog steeds bang maar my eerste inskrywing was 'n sukses en ek het dit geniet. Ek kon nie wag om die volgende opdrag te doen nie.  In die derde week het my vader afgestref en ek het van my “blog” vergeet.   Ek se dankie vir die Here vir my vriendin Kailyn wat my daardie Sondag aand onthou het.   Vinnig en hastag skryf ek my "blog".   Ek was kwaad vir myself omdat ek dit nie beplan het nie maar ek het dit gedoen gekry.

Ek het so bietjie geleer van "blogging" en ek het definitief iets geleer van afrikaans.  Ek kan nie glo wat ek nou gan sê nie maar ja, ek sal weer my eie "blog" wil omskep. Dit was pret!

Monday, 17 June 2013

Die beste manier om 'n rugsak te pak vir 'n voetslaan avontuur.

Baie mense dink dat wanneer jy jo rugsak pak vir 'n voetslaan avontuur, dat jy dit net kan pak soos jy wil, wel, dink weer. Daar is 'n sekere manier om dit te doen.

Ek het altyd my sak gepak soos ek wil en o- het ek gesukkel! Dit was verskriklik swaar. My onderwyser het gesien hoe swaar ek kry en het dadelik tot ny redding gekom. Hy het my uitgelag maar my nogtans gehelp. Ons het gestop,toe wys hy my die regte manier on die sak te pak.

Die sak was vreeslik groot, swaar en ongemaklik. Die sak her drie afdelings. Jou uitvangspunt is, wanneer jy nie weet wat kom in watter gedeelte nie. Die onderste gedeelte pak jy jou slaapsak, waslap en handdoek. Dit gee die sak balans. Dit dien ook goed as 'n rusplek vir wanneer jy moeg raak en wil ontspan.

Die middelste gedeelte pak jy jo toiletware, klere en kos. Vir jo toiletware sal jy nou toilet papier het maar haal die rolletjie in die middel uit. Die tandepaste se dosie gooi jy al by die huis weg. Dit is klein goedtjies wat jou sal ligter sal maak. Klere! (Ek kry sommer 'n hoofpyn.) Ja, ons almal wil mooi lyk maar op 'n kamp kyk niemand vir mekaar nie. So los maar die mooi klere by die huis. Al wat jy nodag het is drie sweetpakke, genoeg t-hemde en skoon onderklere. Kos! Jy gaan naar word na drie dae van al die "two minute noodles", tuna, mossels en ander soorte blikkieskos wat jy. Van hou. Maar onthou, al die blikkies maak die sak swaar.

Die derde afdeeling van die sak is waar jy jou noodhulptas moet pak. Dit is van kardinale belang dat jy dit moet het want enige iets kan gebeur. Jy pak ook klein eet goedtjies daar in vir energie. Skoon water moet altyd byderhand wees en powerade energie drankie word ook aan beveel.

Daar het hy dit nou, maak jou gereed, pak jou sak en gaan geniet jou eie avontuur!

Friday, 7 June 2013


Die sonskyn was heerlik, die lug pot blou, die stroom se water so helder soos dag lug. Ons was tien leerders. Lekker gesing en grappies gemaak. Ons het honger geword en gaan sit om kos te maak.

Op 'n voetslaan avontuur was " (2) two minute noodles" maar die beste. Om hierdie voedsel voor te berei moet ons die klein blou gasstoof aansteek, die pot op sit en maar geduldig wag tot dit klaar was. Twintig minute het al reeds verby gegaan maar ons het nog steeds gesit en gesels.

Toe ons weer kyk was dit pik donker. Ons was in die middel van nêrens. Ons het alle soorte geluide gehoor en ons het benoud geraak. Dit het weer soos 'n nagmerrie gevoel. Vir die tweede keer het ons verdwaal.

Ons het maar so aangestap tot ons by 'n hek gekom het. Na 'n uur het ons stemme gehoor, ja, ons was voor die rondawel se hek. Ons was so bly dat ons dadelik begin huil het (wel net my vriendin en ek). Almal het vir ons gelag maar ons was daarim veilig.

Daardie dag het ons mekaar belowe dat ons nooit weer alleen sal stap nie. Ons sal saam die span loop en luister as daar vir ons gese word om nie in klein groepies te stap nie. Onthou ongehoorsaamheid betaal 'n prys!

Sunday, 2 June 2013

Die een oggend loop ons van die rondawel af. Dit was koud en mistig. Ek het twee pik swart baadjies aan gehad. My blou rugsak was swaar maar ek moet dit gedra het. My twee vriende het voor my geloop met hulle gras groen sakke. Hulle het voor my verdwyn en ek kon hulle nie meer sien nie. Ek het bang geword. Ek was stok siel aleen en ek wou huil soos 'n baba. Skielik sien ek net 'n groot vaal dier voor my! So waar! 'n Bobbejaan! Al wat ek op daardie omblik kon doen was om still te staan en skree! Soos blits kom my vriend daar verby en gooi die bobbejaan met 'n groot klip. Die bobbejaan het vinning omgedraai en ons twee het begin hardloop. Ja, sonder ons sakke. Dit was soos 'n ramp wat ons getref het. Maar getroos het ons terug geloop en ons sakke gaan haal. Die aand sit ons toe om die verskriklike warme vuur en deel ons dag se avontuur om die berg met anders.Dit was een van die beste ervarings ooit, as ek kon so ek dit weer oor doen.

Monday, 27 May 2013




 

My eerste stap om Knysna berg.











My eerste keer saam die skool se voetslaan klub was verbasend. Ek het elke oomblik geniet. Ek was baie opgewonde en kon nie langer wag tot ons in Knysa moet kom nie.

Ek het gedink ek sou alleen wees omdat ek niemand anders geken het nie. Dit het my baie hartseer laat voel. Maar ons was skaars uit die Paarl toe het ek al reeds baie nuwe vriende gemaak. Ons het gesing en lekker grappies vertel.

Ek was maar 'n stil en skaam meisie maar die voetslaan se avonture het my persoonlikheid verander. Ek het altyd my gevoelins weg gesteek maar vandag kan ek openlik daar oor praat en wees wie ek is.

Ek sal nooit weer terug keer na die persoon wie ek was nie. Die avonture om die berg het my lewe verander. Ek het lewens lank vriende gemaak en ons is nog altyd in kontak. Ons deel verhoudings wat anders nie sal verstaan nie.

Hier op my blog sal ek al my avonture en uitdagings met julle deel. Hoop julle geniet die avontuur met my.